Vlag van Israel

Vlag van Israel
Vlag van Israel
Vlag van Israel
Bynaam "Vlag van Sion"
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 8:11
Goedgekeur 28 Oktober 1948[1]
Ontwerp ’n Blou Dawidster tussen twee blou horisontale bane op ’n wit agtergrond.
Wisselvormvlag van Israel
Wisselvormvlag van Israel
Bynaam Vlootvaandel
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1948
Ontwerp ’n Wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n vlootblou Dawidster in op ’n vlootblou agtergrond.
Wisselvormvlag van Israel
Wisselvormvlag van Israel
Bynaam Vlootvaandel
Gebruik Burgerlike vaandel Burgerlike vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1948
Ontwerp ’n Wit sirkel naby die vlagpaalkant met ’n vlootblou Dawidster in op ’n vlootblou agtergrond.
Wisselvormvlag van Israel
Wisselvormvlag van Israel
Bynaam Lugmagvaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 1948
Ontwerp ’n Hemelsblou-vlag met dun wit strepe met donkerblou grense naby die bo- en onderkant, met ’n lugmag-kokarde in die middel.

Die nasionale vlag van Israel (Hebreeus: דגל ישראל, Degel Jisra'él; Arabies: علم إسرائيل, ʿAlam Israʼīl) is op 28 Oktober 1948 amptelik goedgekeur, vyf maande nadat die Staat Israel tot stand gekom het. Dit verteenwoordig die staat, sy soewereiniteit, sy instansies en sy burgers, sowel in Israel asook in die wêreld. Die vlag vertoon ’n blou Dawidster tussen twee horisontale blou bane op ’n wit agtergrond. Die Israeliese vlagwetgewing bepaal die amptelike afmetings op 160 by 220 cm. Daarom is die amptelike verhoudings 8:11. Variante met ’n wye verskeidenheid van verhoudings kan gevind word, met 2:3 wat algemeen is.

’n Tradisionele talliet met blou strepe, waarvolgens die vlag van Israel ontwerp is

Die blou kleur word as “donker lugblou” beskryf[2] en wissel van vlag tot vlag.[3][2] Die vlag is in 1891 vir die Sionistiese Beweging ontwerp. Die basiese ontwerp herinner aan die talliet (טַלִּית), die Joodse gebedskleed, wat wit is met donker strepe. Die simbool in die middel verteenwoordig die Dawidster (מָגֵן דָּוִד, Maden David), ’n Joodse simbool wat van Antieke tye dateer. Die vlag het in Risjon LeSion tydens die eerste alijá in 1885 verskyn en is in Basel deur die Eerste Sionistiese Kongres van 1897 aanvaar. Hierdie vlag is verkies bo die "Sewester-vlag" wat deur Theodor Herzl voorgestel is. Na die stigting van die Staat Israel het die Voorlopige Staatsraad die vlag van die staat bespreek. Die vlag van die Sionistiese beweging is amptelik gekies om vanaf 28 Oktober 1948 as vlag van die staat Israel te dien en het voorkeur geniet bo ander idees, hoofsaaklik as gevolg van die gewildheid onder die Joodse volk.[2] Die regstatus van die vlag is veranker in die Vlag- en Simboolwet 5719–2018 en het grondwetlike status in die Grondwet ontvang: Basiese wet: Israel as die nasiestaat van die Joodse volk.

’n Beduidende deel van die van die Staat Israel se Joodse bevolking, en van die Jode wat in ander lande woon, beskou die nasionale vlag as ’n simbool van die onafhanklikheid van die Staat Israel. Een van die mees algemene uitdrukkings hiervan is die opheffing van die vlag op huise en motors op Onafhanklikheidsdag. In die ultraortodokse sektor is daar ’n polemiek oor die houding jeens die vlag en sy plek in hierdie samelewings, veral omdat dit ’n Sionistiese simbool is, en in sommige Arabiese sektore is daar dieselfde polemiek omdat dit ’n Sionistiese en Joodse simbool is.

In 2007 is ’n Israelse vlag van 660 m by 100 m met ’n gewig van 5,2 ton naby die antieke Joodse vesting Masada onthul waar dit ’n wêreldrekord opgestel het vir die grootste vlag.[4] Dit is later deur ’n reuse-vlag van Libanon verbygesteek, wat in 2013 weer deur ’n reuse-vlag van Roemenië in Clinceni geklop is.[5][6][7][8][9]

  1. (en) "Israel". Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2000. Besoek op 23 Desember 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Mishory, Alec (28 April 2003). "Die vlag en die embleem" (html). Israelse Departement van Buitelandse Sake. Besoek op 23 Desember 2018. Joseph Sprinzak, Speaker van die Tussentydse Raad van Staatsverklaring van die Vlag van die Staat Israel word aangehaal
  3. (en) "Flag of Israel". Israel Wetenskap en Tegnologie. 9 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2018. Besoek op 23 Desember 2018.
  4. (en) "Reuse Israel-vlag stel rekord op vir grootste in wêreld". Haaretz. Associated Press. 25 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2009. Besoek op 2 Augustus 2014.
  5. (en) "'World's biggest flag' covers field in Romania – Europe – World". The Independent. 27 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Desember 2018.
  6. (en) "World's biggest flag unfurled in Romania | World news". The Guardian. 27 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2019. Besoek op 23 Desember 2018.
  7. (en) "Romania village of Clinceni claims largest flag record". BBC. 27 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019. Besoek op 23 Desember 2018.
  8. (en) "Romanian town unfurls world's largest flag". The Herald Sun. 28 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Desember 2018.
  9. (ro) "România are cel mai mare drapel din lume! Antena 3, în GUINNESS WORLD RECORDS™". antena3.ro. 27 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2018. Besoek op 23 Desember 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy